Soorte resepte:

Resep: Gekrummelde hoenderrepies

Foto: Koningskos vir kinders

Foto: Koningskos vir kinders

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

Vir die krummels:

  • 125 ml (½ k) hawersemels
  • 125 ml (½ k) koringkiem
  • 125 ml (½ k) fyngerasperde parmesaan- of cheddarkaas
  • 1-2,5 ml (½ t) rooipeper (opsioneel)
  • 1-2,5 ml (½ t) paprika
  • 10 ml (2 t) gedroogde gemengde kruie

Vir die hoenderrepies:

  • 200 ml karringmelk
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • sap van ½ suurlemoen
  • 4 hoenderborsfilette, in lang repies gesny
  • 50 ml (¼ k) olyfolie om mee te braai

Metode:

Vir die krummels:

  1. Meng die semels, koringkiem, kaas en geurmiddels en sit in ʼn plat bord.

Vir die hoenderrepies:

  1. Meng die karringmelk, knoffel en suurlemoensap en marineer die hoender daarin in ’n toe bak in die yskas, vir minstens ’n halfuur.
  2. Vee die marinade met jou vingers van die hoenderrepies af.
  3. Doop repies in die hawermengsel en skud enige oortollige krummels af.
  4. Verhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
  5. Smeer deeglik met olyfolie en bak vir 15 minute. Draai die repies om en bak vir nog 5 minute.

Bron: Koningskos vir kinders
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.