Oorweeg gerus dié heerlike gereg as ʼn bykos vir jou volgende braai!
Genoeg vir 4-6 porsies
Bestanddele:
- 250 g aspersies, onderpunte afgebreek
- ¼ k (60 ml) gesmelte Clover Springbok-botter
- sout en varsgemaalde swartpeper
Lemoen- en olyfsalsa
- ¼ k gekapte Italiaanse pietersielie
- 10 swart olywe, ontpit en fyn gesny
- 4 ansjovisfilette, fyngekap
- 2 e (30 ml) kappertjiesaad
- 2 t (10 ml) fyngerasperde suurlemoenskil
- 1 t (5 ml) wit wynasyn
- 3 e (45 ml) Clover Krush-lemoensap
- 4 e (60 ml) olyfolie
- Sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
- Verf die botter oor die aspersies en geur met sout en peper.
- Rooster op ʼn baie warm braai of in ʼn riffelpan vir 2-3 minute aan ʼn kant. Draai die aspersies gereeld om. Rangskik op ʼn opdienbord.
- Kombineer die pietersielie, olywe, ansjovis, kappertjiesaad, suurlemoenskil en asyn in ʼn klein bakkie.
- Klits die lemoensap en olyfolie saam en roer dit geleidelik by die salsamengsel.
- Geur na smaak met sout en peper. Skep oor die aspersies en sit teen kamertemperatuur voor.
Bron: Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa