Soorte resepte:

Resep: Geroosterde groenteslaai

Geroosterde groenteslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Maak die slaai as ʼn vegetariese maaltyd óf sit dit voor saam met jou braaivleis.
Lewer 8-10 porsies

Bestanddele

  • 3 groen of rooi soetrissies
  • 4 x 300 g-pakkies gemengde vlapampoentjies, grofgekap
  • olie vir braai
  • 125 ml olyfolie
  • 125 ml balsamiese asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 pak gemengde slaaiblare
  • fetakaas vir garnering

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Rooster die soetrissies 10-15 minute in die oond of tot die skille swart word. Haal dit uit en plaas dit 10 minute in ’n plastieksakkie om te sweet. Verwyder die skiI en pitjies en sny die soetrissies in repies.
  3. Verhit die olie oor matige hitte in ’n braaipan en braai vlapampoentjies in sarsies, ongeveer 10-15 minute, maar moenie te lank braai nie, anders word die groente te sag. Laat afkoel.
  4. Meng die olyfolie en asyn vir die slaaisous en geur na smaak.
  5. Plaas die slaaiblare onder in die bak.
  6. Meng die afgekoelde soetrissies en groente en skep dit op die slaaiblare. Geur na smaak.
  7. Giet die slaaisous oor die groente en garneer met fetakaas.

Bron: Lekker & Vinnig: Braaigeregte (Uit: Eet saam)

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.