Soorte resepte:

Resep: Geroosterde Midde-Oosterse sade

Geroosterde Midde-Oosterse sade (Foto: Lapa-uitgewers)

Perfek vir ʼn peuselhappie by ʼn braai of om saam te neem werk toe vir wanneer jy net iets wil knaag.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 50 g pampoensade
  • 50 g sonneblomsade
  • 50 g amandels, gekap
  • 50 g pekanneute, gekap
  • 50 g chorizo, in skywe en dan in kwarte gesny
  • ¼ t borrie
  • ½ t fyn komyn
  • ¼ t fyn koljander
  • ¼ t uiepoeier
  • ½ t paprika
  • 1 t klapperolie

Metode

  1. Gooi al die sade en neute in ’n droë, warm braaipan en rooster vir 3 minute oor matige hitte. Roer of skud gereeld om te verhoed dat die sade en neute brand.
  2. Stel die hitte op laag.
  3. Voeg die chorizo by en laat vir ongeveer 2 minute saam met die sade en neute braai.
  4. Voeg al die speserye by en braai vir nog 2 minute.
  5. Voeg laastens die klapperolie by en braai alles vir nog 2 minute saam.
  6. Die sade en neute is vuurwarm, so laat dit deeglik afkoel voordat jy dit eet of bedien.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.