Want hierdie vakansie gaan jy beslis die een of ander tyd mielies wil braai!
Lewer 6-7 porsies
Bestanddele
- 6-7 heel mielies
SOUS
- 1 t woestyn- of pienk sout
- ½ t growwe swartpeper
- 1 e olyfolie
- 1 e rou heuning
- 2 t gedroogde pietersielie
- ¼ t rissievlokkies
- 1 e amandelmeel (opgehoop)
GARNERING
- vars gekapte pietersielie
Metode
- Berei die kole en rooster voor.
- Meng die bestanddele vir die sous (behalwe die meel).
- Plaas die mielies op ’n rooster oor die kole. Sprinkel meel oor die mielies en verf dit met sous. Draai dit elke 5 minute en verf weer sous oor. (Die meel help dat die sous aan die mielies kleef.)
- Braai tot gaar en die sous ’n bros lagie vorm.
- Garneer met vars gekapte pietersielie voor opdiening.
Bron: Karlien kan nie kook nie deur Izelle Hoffman en Karlien van Jaarsveld
Uitgewer: Lapa
Mielie bly bo. Veral met ‘n braai.
Iets wat ook heerlik is – braai mielies tot gaar en smeer met mengsel van margarien (of botter) en bovril (of marmite) – o genade dis lekker!