Soorte resepte:

[Resep] Geroosterde sampioene met kruiebotter

Sampioene

Geroosterde sampioene met kruiebotter. Foto: Gunsteling braairesepte

Wenk: Jy kan ook knopiesampioene aan sosatiestokkies ryg, dit met die bottermengsel verf en rooster op ʼn warm braai.

Genoeg vir 4-6

Bestanddele:

  • ⅓ k (80 ml) Clover Mooi River-botter, kamertemperatuur, met ekstra vir bo-oor verf
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 5 sprietuite, fyngekap
  • 1 e (15 ml) fyngekapte grasuie
  • 1 e (15 ml) fyngekapte vars pietersielie
  • 1 t (5 ml) fyngekapte vars tiemie
  • 1 t (5 ml) gerasperde lemoenskil
  • 2 t (10 ml) suurlemoensap
  • sout en vars gemaalde peper
  • 4-6 groot swart sampioene

Metode:

  1. Plaas al die bestanddele, behalwe vir die sampioene, in ʼn mengbak en meng goed.
  2. Verf ʼn bietjie van die ekstra botter oor die gladde kant van die sampioene en braai vir 2 minute met die gladde kant na bo.
  3. Draai die sampioene om en skep van die kruie-bottermengsel op elke sampioen. Braai vir 4-5 minute, of tot sag.
  4. As jy wil, plaas die sampioene in ‘n oondvaste bak, skep ‘n bietjie suurroom oor elke sampioen en strooi kaas en rooipeper bo-oor.
  5. Plaas onder ‘n baie warm oondrooster vir 2-3 minute of tot die kaas goudkleurig is. Sit dadelik voor.

Opsioneel:

  • ¼ k (60 ml) Clover-suurroom
  • ½ k (125 ml) gerasperde Clover- wit chedderkaas
  • ½ t rooipeper

Bron: Clover Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

Alle wins met die verkoop van dié resepteboek, word aan die Clover Mama Afrika-projek gegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.