Gevulde eiers is ’n wenner wanneer jy dié naweek die langpad aandurf of selfs net lus het vir ʼn peuselhappie.
Lewer 12
Bestanddele:
- 6 hardgekookte eiers, afgedop
Vir die sous
- 45 ml mayonnaise
- 15 ml tamatiesous
- 5 ml Worcestershire-sous
- 2 ml mosterdpoeier
- sout en peper na smaak (oorweeg ook Aromat)
- pietersielie of rooi soetrissie vir garnering
Metode:
- Halveer die eiers in die lengte. Haal eiergele uit, plaas in ʼn mengbak en druk fyn.
- Meng die souse, geur met Aromat, peper en mosterd. Voeg dit bietjie vir bietjie by die eiergele en meng deeglik.
- Skep mengsel in die eierwitholtes en garneer met gekapte pietersielie of rooi soetrissie.
WENK:
- Om seker te maak die eiergeel bly in die middel, roer die eiers met ‘n lepel sodra die water begin kook. Die eiermengsel kan ook vooraf voorberei en in ‘n yskas gebêre word tot benodig.
Bron: Marilyn kuier en kook!
Uitgewers: Lapa-uitgewers
Maklike manier om eiergeel mengsel weer in uitgeholde witte te kry is om skoon plastiek (toebroodjie) sakkie te skep en hoekie af te knip. Versiersak werk ook. Vul eiers teen helfte van die tyd en mors.