ʼn Heerlike vegetariese dis.
Genoeg vir 8
Bestanddele
- 4–5 klein groen, rooi of geel soetrissies, gehalveer en ontpit
- 1 e (15 ml) olyfolie
- sout en varsgemaalde peper
- 3 e (45 ml) botter
- 1 ui, fyn gekap
- 1 knoffelhuisie, fyn gedruk
- 500 g spinasie, geblansjeer en gedreineer
- 150 g Clover Herb‑fetakaas, gekrummel
- ½ t (93 ml) varsgemaalde swartpeper
- ½ k (125 ml) gekoopte Italiaanse pastasous
- ⅓ k (80 ml) Clover‑suurroom
- 1 t (5 ml) paprika
- ½ (125 ml) gerasperde Clover wit Cheddarkaas
Metode
- Rangskik die rissies, gesnyde kant boontoe, in ’n roosterpan.
- Bedruip met olyfolie en geur met sout en peper.
- Verhit die botter in ’n pan en braai die uie en knoffel liggies vir 4–5 minute, of tot sag.
- Verwyder van die hitte. Droog die geblansjeerde spinasie af met kombuispapier, en voeg by die uiemengsel. Roer die fetakaas in en geur met swart peper.
- Verdeel die mengsel tussen die rissies. Gooi die Italiaanse pastasous bo-oor, dan die suurroom.
- Sprinkel die paprika en kaas bo-oor. Rooster in ’n ketelbraai (of soortgelyke braai) of in die oond teen 180 °C vir 20–25 minute, of tot die kaas goudbruin is.
Opsioneel: Maak koeskoes en meng dit ook by die uiemengsel in voordat jy die rissies vul.
Bron: Gunsteling Braairesepte
Uitgewer: Lapa
Ek het juis gedink om op die naweek gevulde rissies te maak, maar gaan maalvleis en kaas insit.