’n Mens moet darem groente ook inkry! Beproef gerus hierdie lekkerte.
Lewer 6 porsies
Bestanddele
- 3 wortels, geskil en in klein blokkies gekap
- 1 klein blomkool, in florette gebreek
- 1 ui, fyngekap
- 1 klein botterskorsie, in blokkies gesny
- 5 ml olyfolie
- 3 gaar patats, fyngemaak
- 5 ml margarien
- knippie sout
- 125 ml melk
- 15 ml bruismeel
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 grade Celcius.
- Meng die wortels, blomkool, ui en botterskorsie in ’n oondvaste bak en giet die olyfolie oor. Meng die groente om seker te maak alles is goed met die olyfolie bedek en bedek die bak met foelie.
- Bak die groente vir 30 minute en verwyder.
- Roer die margarien deur die fyngemaakte patats. Voeg sout by.
- Meng die melk en meel goed tot dit geen klonte het nie en giet dit oor die groente.
- Bedek die groente met die fyngemaakte patats en bak vir 30 minute tot goudbruin.
- Dien saam met hoender sonder vel op.
Bron: Kook saam Kaaps, Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker
Uitgewer: Lapa-uitgewers
Net 3 patats… ek het amper geskrik.