Soorte resepte:

Resep: Groentekoekies

Groentekoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike en maklike bykos wat jy sommer in een bak kan maak!

6-8 porsies

Bestanddele

  • 1 groot ui, geskil
  • 2 groot aartappels, geskil
  • 2 wortels, geskil
  • 1 groot patat, geskil
  • 3 eiers, geklits
  • sout en swartpeper na smaak
  • 250 ml bruismeel
  • 2 ml bakpoeier
  • olie vir vlakbraai

Metode

  1. Rasper die ui, aartappels, wortels en patat in ʼn Meng die geklitste eiers deur die groentemengsel.
  2. Geur na smaak met sout en peper.
  3. Voeg die bruismeel en bakpoeier by die groentemengsel en meng dit goed.
  4. Vorm klein balletjies met die groentemengsel en hou eenkant tot benodig.
  5. Verhit die olie in ʼn pan en braai die groentekoekies oor matige hitte tot goudbruin.
  6. Dreineer die ekstra olie van die koekies op kombuispapier en sit voor.

Variasie:

  1. As variasie kan jy die koekies ook in die oond bak. Wees oorspronklik deur leë blikkies in plaas van muffinpannetjies te gebruik. Verwyder die leë blikkie se plakker, spoel dit goed uit en laat dit droog word.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit die binnekant van die blikkie met kossproei, skep van die groentekoekie se beslag in die blikkie en bak dit vir 15-20 minute.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jeanette ·

Die Groente Koekies resep is beslis verkeerd. Daar is bestanddele uitgelaat soos bv.
spinasie of baby marrows wat die groen in die foto is.

Janie Monsieur ·

Dagsê
Hierdie foto is oorspronklik by die resep in die resepteboek gepubliseer.
Ons stel voor dat jy dalk sommer self ʼn groenigheid soos spinasie of selfs broccoli byvoeg indien jy die resep bietjie wou wysig.
Lekker bak en brou!
Groetnis
Janie
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.