Soorte resepte:

Resep: Groentesosaties

Foto: Nina se kombuis

Foto: Nina se kombuis

Lewer 12 sosaties

Hierdie sosaties is veronderstel om vir vegetariërs te wees, maar al die karnivore smul ewe lekker daaraan. Maak sommer baie, want dit wat oorbly, kan môre in ʼn slaai of koeskoes gebruik word!

Bestanddele:

  • 12 murgpampoentjies, koppe en sterte afgesny en in 2 cm-ringe gesny
  • 12 klein piekeluitjies
  • 1 groot rooi-ui, geskil en in kwarte gesny
  • 2 van elke kleur soetrissies, ontpit en in stukke gesny
  • 12 kersietamaties
  • 12 baba-aartappels, gaar maar nie pap gekook nie
  • 1 bottel Franse slaaisous
  • 12 sosatiestokkies – week in water sodat dit nie brand nie

 Metode:

  1. Plaas al die groente in ’n glasbak en giet die slaaisous daaroor.
  2. Marineer vir 1 uur en ryg dan op die stokkies.
  3. Braai oor die kole en bedruip met oorblywende marinade.
  4. Sit voor met ’n groen slaai en dik snye growwe brood.

Bron: Maklike Maaltye uit Nina se kombuis
Uitgewer: Random House Struik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.