Soorte resepte:

(Resep) Hap saam met Lochner: Mielieplaatkoekies

Mielieplaatkoekies (Foto: Skermgreep uit die video)

Wie hou nou nie van ʼn lekker plaatkoekie nie? Lochner omskep híérdie een in ʼn volledige ontbyt! Kyk hier hoe hy dit doen.

Bestanddele:

  • 1 k bruismeel
  • 1 k melk
  • 1 e room
  • 1 k mielies
  • kaas
  • 2 eiers
  • grasuie, fyngemaak

Metode:

  1. Meng bruismeel, melk, room, mielies en kaas saam in ʼn bak.
  2. Voeg die eiers en grasuie by en roer tot gemeng.
  3. Verhit ʼn pan en gooi bietjie olie in.
  4. Gooi groot lepels vol plaatkoekiebeslag in die pan.
  5. Sodra die koekie klein borrels begin maak kan jy dit omdraai en die ander kant braai.
  6. Bedien dit dadelik met ʼn gekookte eier en kaas bo-op.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marisa ·

Dit klink heerlik. Maar ek is seker daarvan dat die saam met ‘n gebakte eier eerder as ‘n gekookte eier voorgesit moet word as ‘n mens die foto as leiding neem. Maar hierdie is vir seker ‘n resep wat ek gaan bêre! Baie dankie!

riana ·

Baie oulik en nuttig. Ek sou dit voorsit saam met spek, kersietamaties en roereier met kruie of selfs avokado.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.