’n Heerlike vars slaai om die nuwe week op ’n vars noot te begin!
Lewer 6 porsies
Bestanddele:
- 500 g gekookte vars (of geblikte) aspersies
- 200 g gekookte vars, jong groenboontjies
- 1 gekookte vars (of geblikte) artisjokhart per persoon
- 3 vars rooi tamaties, geskil, ontpit en grofgekap
- ½ Engelse komkommer, in dun skyfies gesny
- 7½ e (110 ml) olyfolie
- ± 2½ e (40 ml) witwynasyn
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 t (5 ml) droë basiliekruid
- swart olywe na smaak
Metode:
- Meng die aspersies, groenboontjies, artisjokke, tamaties en komkommer liggies saam in ’n groot mengbak.
- Meng die olyfolie, asyn, sout, peper en basiliekruid in ’n bottel met ’n skroefdeksel sodat dit goed geskud en gemeng kan word.
- Giet die slaaisous oor die slaai en meng dit liggies deur.
- Plaas die slaai vir 1 uur in die yskas en meng weer liggies deur.
- Skep die slaai in ’n mooi slaaibak en garneer met die olywe.
Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch
Uitgewers: Lapa
Yummie ….. slaai lyk baie lekker – net jammer dis vandag so koud – ek sal eerder sop wil eet as n slaai. Sal dit beslis volgende somer maak!