Soorte resepte:

[Resep] Italiaanse tamatiesous

Foto: Lekker en Vinnig

Italiaanse tamatiesous. Foto: Lekker en Vinnig

ʼn Heerlike sous wat by verskeie geregte sal pas. En as jy ʼn Italiaanse skoonma het, sal sy ook van dié sous hou …

Lewer ongeveer 3-3,5 liter

Bestanddele:

  • 6 uie, in groot stukke gesny
  • 5 groot knoffelhuisies, fyngedruk
  • 2 groot groen soetrissies, ontpit en grofgekap
  • 2 selderystingels met blare aan, grofgekap
  • 20 ml olyfolie
  • 8 x 410 g-blikke heel geskilde tamaties
  • 1 x 410 g-blik tamatiepuree
  • 30 ml balsamiese of druiweasyn
  • 30 ml suiker
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 ml gekapte vars gemengde kruie of 30 ml droë gemengde kruie

Metode:

  1. Kap die uie in ʼn voedselverwerker fyn, maar nie pap nie. Skep dit uit en hou dit eenkant.
  2. Herhaal met die knoffel, soetrissies en seldery en hou dit apart van die uie.
  3. Verhit intussen die olie oor matige hitte in ʼn groot kastrol met ʼn inhoudsmaat van minstens 6-8 liter. Soteer die uie vir ʼn paar minute en voeg dan die ander groente by. Soteer 5 minute.
  4. Kap intussen die inhoud van 2-3 blikke tamaties op ʼn slag saam met die vloeistof in ʼn voedselverwerker fyn. Voeg dit by die groente en herhaal met die orige blikke.
  5.  Roer die tamatiepuree, asyn en suiker by en geur na smaak. Verhit die sous tot kookpunt en verlaag die hitte effens sodat dit aanhoudend prut. Moenie die deksel opsit nie, want die sous moet verdik soos die vloeistof indamp.
  6. Prut 3½-4 uur oor lae tot matige hitte en roer gereeld. Die sous moet redelik dik word en ongeveer 3-4 cm in volume sak. Roer die kruie gedurende die laaste 5-10 minute van die kooktyd by en geur indien nodig.
  7. Skep die warm sous in warm, gesteriliseerde flesse, giet ʼn dun lagie olyfolie bo-op en verseël dadelik. Of laat die sous afkoel en bevries dit in 500-750 ml-houers, sodat dit net genoeg is vir een resep se gebruik.

Bron: Lekker en Vinnig – Bêrekos
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Kos is op die tafel deur Heleen Meyer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Klein Jane ·

Dankie vir die lekker resepte Maroela Media, ek probeer dit gereeld tuis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.