Soorte resepte:

Resep: Kaaswortels

Foto: www.agric.wa.gov.au

Foto: www.agric.wa.gov.au

Saam met volkoringbrood en ʼn groot bak mengelslaai is dié wortelgebak ʼn gesonde vegetariese ete.

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:
250 g geelwortels, in ringe gesny
250 g aartappels
25 g (30 ml) botter of margarien
2 ml sout
1 ml peper
5 ml bakpoeier
300 ml melk
100 g (250 ml) gerasperde cheddarkaas
2 eiers

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F). Smeer ʼn oondvaste bak van 13 x 23 x 5 cm.
2. Kook die wortels tot sag en dreineer. Kook die aartappels tot gaar en dreineer.
3. Voeg die helfte van die botter of margarien en die sout en peper by die wortels en meng.
4. Voeg die res by die aartappels, druk fyn en roer die bakpoeier en 50 ml van die melk by.
5. Skep die helfte van die aartappels in die bak, dan die helfte van die wortels en strooi die helfte van die kaas bo-oor. Herhaal die lae.
6. Klits die eiers en die res van die melk saam en giet bo-oor.
7. Bak 40 minute lank. Sit dadelik voor.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.