Soorte resepte:

Resep: Karlien se slaai

Karlien se slaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié resep kom uit Karlien van Jaarsveld se resepteboek.

Lewer 4-6 porsies

  • 100 g jong spinasieblare
  • sowat 100 g knoffelgegeurde croutons
  • 50-80 g kasjoeneute
  • 10-12 heel pikantrissies
  • 50 g gedroogde bosbessies
  • 50 g pecorino-kaasskaafsels
  • 2-3 e olyfolie
  • woestyn- of pienk sout en growwe swartpeper na smaak
  • 40-50 g roketblare

Metode

  1. Plaas die spinasie in ’n mengbak.
  2. Voeg die croutons, neute, pikantrissies en bosbessies by.
  3. Voeg die pecorino by en meng.
  4. Bedruip met olyfolie en geur met sout en peper.
  5. Skep in ’n mooi bak en rond af met roketblare.

 

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Izelle Hoffman en Karlien van Jaarsveld

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sêmaarnet ·

Nadat ek by ñ konsert gehoor het hoe haar Ma vir haar en Bobby herinner om tog net God iewers te noem en die valslikheid van die Van Jaarsveld herhaaldelik waargeneem het is die mense vir my als wat vals is. Niemand wil met hulle geassosieer word nie, hou maar artikels oor daai familie op die advertensieblad asb…

Alet ·

Ongelukkig kan ek dit nie bekostig nie… Al daai bestanddele is vir ryk mense.

Disselboom ·

Disselboom hou van lekker geregte, slaaie ingesluit. Maar hierdie een is darem so pretensieus soos die woord “pretensieus”; en skielik is mens lus vir sommer pap-en-wors ; of om vis-en-tjips te koop as mens gelukkig genoeg is om dit daar by ‘n Weskus-plekkie te kan koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.