Soorte resepte:

Resep: Kerrieboontjies

Kerrieboontjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie is ’n maklike ‘gooi-alles-bymekaar-en-siedaar’-resep!

Bestanddele

  • 1½ kg jong groenboontjies, gekerf
  • 12 uie, fyngekap
  • 750 ml (3 k) bruinasyn
  • 30 ml (6 t) kerrie
  • 12 tamaties, geskil en gekap
  • 12 knoffelhuisies
  • 10 ml (2 t) rooipeper
  • 750 ml (3 k) suiker
  • 6 lourierblare
  • 15 ml (3 t) borrie
  • 2,5 ml (½ t) fyn kruienaeltjies
  • 30 ml (2 e) sout

Metode

  1. Kook al die bestanddele saam tot gaar, geurig en dik. Bottel dit warm in gesteriliseerde flesse.

Bron: Vallei van melk en heuning

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tilla ·

Meer sulke resepte sal waardeer word. Bietjie moeite naweke maar dit maak die werkende vrou se werk soveel makliker gedurende die week.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.