Soorte resepte:

Resep-video: Koning-knoffelbroodjie

Koning-knoffelbroodjie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie is nie jou gewone knoffelbrood nie. Dié knoffelbrood is souserig en smaaklik. Maak sommer byvoorbaat ekstra, want jou gaste gaan vir nóg vra.

Bestanddele

  • 4 vars broodrolletjies
  • 300-400 ml room
  • 1 pakkie kaassous-poeier
  • 2 t vars gekapte knoffel
  • 2 e Italiaanse kruie
  • kaas

Metode

  1. Sny kepies in broodrolletjies en plaas dit in ʼn oondbak.
  2. Gooi room in ʼn verhitte kastrol tot dit borrel. Gooi kaassous-poeier, knoffel en kruie by en roer goed.
  3. Skep lepelsvol van die knoffelsous in elke kepie in die brood. Gooi kaas en nog kruie oor.
  4. Bak vir 5 minute teen 180 °C en bedien dadelik.

Resep: Leonie Bezuidenhout

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.