Soorte resepte:

Resep: Lensiekoekies

Lensiekoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Vinnig en maklik. Lensiekoekies is ʼn heerlike manier om meer groente in jou dieet in te sluit.

Bestanddele:

  • 1,5 kg bruinlensies, oornag in water geweek
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 groot aartappel, gerasper
  • 1 groot wortel, gerasper op kombuispapier
  • 1 tamatie, fyngekap
  • 4 eiers, geklits
  • 80 g (1 pakkie) soppoeier
  • 15 ml blatjang
  • sout en peper
  • olie vir vlakbraai

Metode:

  1. Dreineer die lensies en kook dit sag in soutwater. Dreineer dit weer.
  2. Meng die lensies met die res van die bestanddele, behalwe die olie.

Voeg ʼn bietjie koekmeel by indien die mengsel te slap is.

  1. Braai lepelsvol in warm kookolie tot goudbruin. Dreineer die koekies op handdoekpapier.
  2. Bedien warm met ʼn slaai.

Bron: 50 Boerekos geregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Estelle ·

Die resep lyk so lekker! Maar die resep is baie groot, hoe kan ek dit verklein?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.