Soorte resepte:

Resep-video: Maklike mieliekoekies

Maklike mieliekoekies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Onthou jy nog jou ma se lekker mieliekoekies? Kyk dié maklike resep!

Lewer 4-6 koekies

Bestanddele

  • ¾ k meel
  • 1 t bakpoeier
  • ½ t sout
  • swartpeper
  • 1 eier, geklits
  • ½ ui, gebraai
  • 1 blikkie mielies
  • 100 ml melk
  • olie

Metode

  1. Meng meel, bakpoeier, sout en peper.
  2. Voeg eier by en roer.
  3. Voeg ui, mielies en melk by en meng.
  4. Skep lepelsvol in ’n warm pan met olie. Braai vir ongeveer 2 minute aan weerskante tot goudbruin.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Uvonka ·

Vinnig, heerlik, vullend en kan as bykos saam met enigeiets bedien word!

E.K. die eerste ·

Denise…met lekker gerasperde kaas bo-op wat so bietjie gesmelt is onder die “griller”!

Dorothea ·

Baie Dankie vir die Resep. Ek smeer Marmite oor myne. Lekker, lekker.

JOHAN ·

Hoop julle kan my help, as ek die resep na my e-pos toe stuur gaan dit nie deur nie, of na enige e-pos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.