Soorte resepte:

Resep: Mediterreense boontjie-en soetrissieslaai

Mediterreense boontjie-en soetrissieslaai (Foto: Verskaf deur KOO)

Kom bymekaar rondom ʼn braaivleisvuur en geniet dié vars slaai propvol geure.

Boontjies werk goed saam met enige slaai, want dit is vol vesel en nutriënte. KOO se reeks van geblikte boontjies en peulgewasse verg nie dat enigiets geweek hoef te word nie; dit is gereed om te eet. Dit beteken dat jy maklik maaltye soos slaai, middagete, aandete en alles tussenin in min tyd kan voorberei – wat jou meer tyd om die braaivleisvuur gee!

Bestanddele

  • 2 blikkies gepekelde KOO-botterboontjies (gedreineer en afgespoel)
  • 1 blikkies gepekelde KOO-kekerertjies (gedreineer en afgespoel)
  • 1 e olyfolie
  • 1 groot rooi soetrissie, ontpit en opgesny
  • 1 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 handvol gekapte pietersielie
  • 1 handvol gekapte vars basiliekruid
  • 1 suurlemoen se sap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Meng die botterboontjies en kekerertjies saam in ʼn groot bak.
  2. Verhit olyfolie in ʼn pan en braai die soetrissie daarin vir sowat 3-4 minute tot sag.
  3. Verwyder van hitte en laat afkoel.
  4. Meng die oorblywende bestanddele met die boontjies en kekerertjies, en voeg die afgekoelde soetrissie (saam met die vloeistof uit die pan) by.
  5. Bedek met kleefplastiek en koel af in die yskas.
  6. Vir bediening, meng die bestanddele weer vinnig, pas die geur aan indien nodig en bedien teen kamertemperatuur.

Resep verskaf deur KOO

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.