Soorte resepte:

Resep: Mediterreense happies

Mediterreense happies (Foto: Lapa-uitgewers)

Maklike happies wat jou gaste sal beïndruk.

Bestanddele

  • 1 eiervrug
  • 2 tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • ʼn skyfie salami vir elke skyfie eiervrug
  • 1 k gerasperde Gruyère-kaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n oondpan met kossproei.
  2. Sny die eiervrug en tamaties in dun skyfies. Rangskik die eiervrug in die oondpan en geur met sout en peper.
  3. Pak die tamatieskywe bo-op die eiervrug, gevolg deur die salami.
  4. Strooi die Gruyère-kaas oor en bak in die oond vir 20-25 minute. Hou maar ’n ogie daaroor sodat die happies nie brand nie.

Bron: Laat die potte sing deur Marlise Scheepers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.