Soorte resepte:

Resep: Mosterdring

mosterdring

Foto: Tannie Poppie kook

Hierdie mosterdring word in ’n dubbelkoker berei.

Bestanddele:

  • 4 eiers
  • 250 ml water
  • 125 ml asyn
  • 15 ml suiker
  • 15 ml gelatien
  • 15 ml mosterdpoeier
  • 2 ml borrie
  • sout na smaak
  • 250 ml room, styfgeklits

Metode:

  1. Klits die eiers in die boonste deel van ’n dubbelkoker.
  2. Klits die water en asyn by die eiers.
  3. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout saam.
  4. Voeg by die eiermengsel in die dubbelkoker.
  5. Roer gereeld tot die mengsel dik is.
  6. Laat afkoel.
  7. Vou die room in.
  8. Skep in ’n ringvorm wat met koue water uitgespoel is.
  9. Plaas in die yskas om te stol.

 

Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.