Hierdie mosterdring word in ’n dubbelkoker berei.
Bestanddele:
- 4 eiers
- 250 ml water
- 125 ml asyn
- 15 ml suiker
- 15 ml gelatien
- 15 ml mosterdpoeier
- 2 ml borrie
- sout na smaak
- 250 ml room, styfgeklits
Metode:
- Klits die eiers in die boonste deel van ’n dubbelkoker.
- Klits die water en asyn by die eiers.
- Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout saam.
- Voeg by die eiermengsel in die dubbelkoker.
- Roer gereeld tot die mengsel dik is.
- Laat afkoel.
- Vou die room in.
- Skep in ’n ringvorm wat met koue water uitgespoel is.
- Plaas in die yskas om te stol.
Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau