Soorte resepte:

Resep: Naan

Naan (Foto: Lapa-uitgewers)

Wat is kerrie sonder naan?

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 750 ml (3 k) koekmeel
  • 7 ml (1½ t) kitsgis
  • 5 ml (1 t) sout
  • 5 ml (1 t) varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml (2 e) suiker
  • 45 ml (3 e) ongegeurde jogurt
  • 250 ml (1 k) louwarm water
  • genoeg botter, in blokkies gesny

Metode

  1. Sif die meel, gis, sout, peper en suiker saam in ’n groot mengbak.
  2. Meng die jogurt en water deur die meelmengsel tot ’n sagte deeg vorm.
  3. Knie die deeg vir 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak. Plaas die deeg in ’n bak, bedek met kleefplastiek en laat op ’n warm plek rys tot dubbel die volume.
  4. Knie die deeg weer af en verdeel dit in 6-8 porsies. Rol elke porsie uit in ’n langwerpige ovaalvorm.
  5. Verhit ’n swaarboompan tot goed warm en plaas die uitgerolde deegvorm daarin met paar stukkies botter bo-op. Bak die naan tot bruin spikkels verskyn, draai die deeg om en sit nog ’n paar klontjies botter bo-op.
  6. Haal die naan uit die pan en herhaal die proses met die res van die deeg. Bedien warm – die naan kan onder die oondrooster effens verhit word.

Bron: 50 sop- en broodgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.