Hierdie is die resep van ouma Hester Brits.
Lewer 6-8 porsies
Bestanddele:
- 500 g patats, geskil en in skywe gesny
- gedroogde skil van 1 nartjie
- 5 ml suurlemoensap
- 25 ml botter of margarien
- 1 kaneelstokkie
- 160 ml sagte (donker) bruinsuiker
- 60 ml water
- 125 ml soetsuursous
Metode:
- Kook die patats, nartjieskil, suurlemoensap, botter of margarien, kaneelstokkie, suiker en water saam.
- Voeg nou die soetsuursous by.
- Verhoog die hitte en braai die patats tot goudbruin.
- Verwyder die nartjieskil en kaneelstokkie en sit voor.
Tannie Poppie sê sy sit die gereg voor met beesstert en stampmielies.
Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau
Lekker lag ek nou. Nee, jy is nie dom nie. Maar as jy is, dan is daar twee van ons.
Waarom al die suiker? Patats dan nie soet nie? Wil julle groente of sweets eet wat gegeur is met papats, natjie en suudrlemoen?