Soorte resepte:

[Resep] Ouma Hester se soetsuur-patats

Soetsuur-patats

Foto: Tannie Poppie kook

Hierdie is die resep van ouma Hester Brits.

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele:

  • 500 g patats, geskil en in skywe gesny
  • gedroogde skil van 1 nartjie
  • 5 ml suurlemoensap
  • 25 ml botter of margarien
  • 1 kaneelstokkie
  • 160 ml sagte (donker) bruinsuiker
  • 60 ml water
  • 125 ml soetsuursous

Metode:

  1. Kook die patats, nartjieskil, suurlemoensap, botter of margarien, kaneelstokkie, suiker en water saam.
  2. Voeg nou die soetsuursous by.
  3. Verhoog die hitte en braai die patats tot goudbruin.
  4. Verwyder die nartjieskil en kaneelstokkie en sit voor.

Tannie Poppie sê sy sit die gereg voor met beesstert en stampmielies.

Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

loeloe ·

Lekker lag ek nou. Nee, jy is nie dom nie. Maar as jy is, dan is daar twee van ons.

DPJ ·

Waarom al die suiker? Patats dan nie soet nie? Wil julle groente of sweets eet wat gegeur is met papats, natjie en suudrlemoen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.