Bestanddele:
- 1 middeslag ui, gekap
- 500 g groenboontjies, gekerf
- 1 klein, ryp tamatie, geskil en gekap
- 1 medium grootte aartappel, geskil en in blokkies gesny
- Sout en swart peper
- ‘n Bietjie kookwater (indien nodig)
- 5 ml margarien
- 10 ml gekapte pietersielie
Metode:
- Braai die ui liggies in ‘n kastrol en voeg die groenboontjies, tamatie, aartappel, sout, peper en ‘n bietjie kookwater by.
- Roer die margarien en pietersielie by.
- Sit warm voor.
Bron:
Onthou jy nog? ‘n versameling resepte wat deur Anna Eksteen saamgestel is. Die resepteboek kan bestel word deur Anna by 082 294 6799 te skakel.
My ouma se onthou resep wat my ma ook gedoen het, het ek nog nie weer teegekom nie. Dis dieselfde as bogenoemde resep behalwe die margarien was vervang met ‘n skaap vet-stertjie wat halfpad voor die uie uitbraai en heerlik geurig was.