Soorte resepte:

Resep: Pampoenkoekies

Pampoenkoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié pampoenkoekies sal jou langnaweek nóg lekkerder maak!

Bestanddele

  • 1 groot eier, geklits
  • 1 k (250 ml) gaar, koue pampoen, fyngemaak
  • 1 k (250 ml) koekmeel
  • 2 t (10 ml) bakpoeier (hoogvol teelepels)
  • knippie sout
  • sonneblomolie vir vlakbraai
  • suiker en fyn kaneel na smaak, gemeng

Metode

  1. Meng die eier en pampoen in ʼn
  2. Sif die droë bestanddele saam en meng dit deeglik met die pampoenmengsel.
  3. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en skep lepels vol van die mengsel in warm olie. Braai die koekies tot daar gaatjies aan die bokant vorm. Draai die koekies om en braai verder tot gaar.
  4. Haal die koekies uit en dreineer op kombuispapier. Skep dit in ʼn opdienbak en strooi die suiker en kaneel oor. Stip met ʼn bietjie botter. Herhaal tot die mengsel opgebruik is.

Wenk

  • Oondbak die pampoen in foelie om te voorkom dat die pampoen te waterig is.

 

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.