Soorte resepte:

Resep: Pampoenkoekies in stroop

pampoenkoekies-in-stroop

Pampoenkoekies in stroop. Foto: Huisgenoot Wenresepte 1/Human & Rousseau.

Lewer sowat 36 koekies.

Bestanddele vir die pampoenkoekies:

  • 500 ml gaar boerpampoen
  • 120 g (250 ml gesifte) koekmeelblom
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 1 eier, geklits
  • sonneblomolie

Bestanddele vir die stroop:

  • 15 g (15 ml) botter of margarien
  • 300 g (375 ml) suiker
  • 200 ml melk
  • 15 ml mielieblom
  • 175 ml koue water

Metode:

  1. Maak die pampoen goed fyn
  2. Voeg die koekmeelblom, bakpoeier, sout en eier by en klop goed tot gemeng.
  3. Skep teelepels vol in die warm olie, druk effens plat en bak aan weerkante tot goudbruin en gaar.
  4. Dreineer op kombuispapier en skep in ‘n opdienbak.
  5. Verhit die botter of margarien, suiker en melk tot kookpunt.
  6. Los die mielieblom in die water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel
  7. Verhit tot kookpunt en giet oor die koekies.
  8. Sit warm voor.

Bron:

Huisgenoot Wenresepte 1 deur Anette Human word uitgegee deur Human & Rousseau. Vir meer inligting oor die boek besoek NB-uitgewers se webwerf of lees Maroela Media se artikel oor die gewilde resepteboek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

EMK ·

Net ‘n vragie – sal botterskorsie ook werk of moet dit spesifiek boerpampoen wees?

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê EMK

Jy kan ook botterskorsies gebruik. Hou net ingedagte dat dit jou gaarmaaktyd kan beïnvloed.

Groete
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Rene ·

Ek gebruik butternut in plaas van boerpampoen. Is vir my baie lekkerder en het ook nie so baie water wanneer ek dit klaar gekook het nie.

Kosliefhebber ·

Hoe ‘print’ ek hierdie resep … ek probeer dit ‘copy’ en ‘paste’ maar gee my ook nie die opsie nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Kosliefhebber

Druk gerus regs bo op die bladsy op die webblaaier (“browser”) se opsies-knoppie (op Chrome en Firefox is dit drie horisontale strepies en op Internet Explorer is dit ‘n ratjie (sirkelvormig)). Op daardie spyskaart sal die opsie “Print” wees.

Laat weet asseblief as jy nie regkom nie
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Truida Pretorius ·

In plaas van gewone melk, gebruik ek Ideale melk en inplaas van mielieblom, gebruik ek vlapoeier vir die sous oor die pampoenkoekies. Ryk en lekker!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.