Soorte resepte:

Resep: Pampoenkoekies

Pampoenkoekies Foto: smulweb.nl

Pampoenkoekies Foto: smulweb.nl

Lewer 6 porsies.

Bestanddele:
500 ml gaar fyngemaakte pampoen (boerpampoen) (2 k)
60 g koekmeelblom (125 ml) (½ k)
5 ml bakpoeier (1 t)
knippie sout
2 eiers, geklits
kaneelsuiker

Metode:
1. Meng die pampoen, meelblom, bakpoeier en sout en maak aan met die eier om ‘n taamlike slap beslag te maak.
2. Braai lepelsvol alkante bruin in warm vet of olie.
3. Dreineer op absorbeerpapier en strooi kaneelsuiker oor.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bessie Joubert ·

Reseptebladsy: Daar is allerhande opsies behalwe om n resep te druk. Dis moeilik om heen en weer tussen die kombuis en die rekenaar te hardloop as n mens kos voorberei. Gee asseblief ook n druk opsie. Baie dankie ! Bessie Joubert

Sune van Heerden ·

Dagsê Bessie

Die tegniese span het dadelik ingespring en die “druk”-funksie is nou op die artikels beskikbaar!
Dankie vir jou terugvoer!

Groetnis
Suné
namens Maroela Media

Landi Slatter ·

Dagsê Bessie

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.