Soorte resepte:

Resep: Pampoenpoffers

Pampoenpoffers. Foto: Tannie Poppie Kook

Pampoenpoffers. Foto: Tannie Poppie Kook

Bestanddele:
• 750 ml gaar, fyngemaakte pampoen
• 2 eiers
• 500 ml bruismeel
• 15 ml bakpoeier
• 5 ml sout
• sonneblomolie vir diepbraai

Stroop
• 500 ml suiker
• 250 ml water
• 125 ml melk
• 60 ml botter of margarien
• 10 ml mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie koue water

Berei die poffers:
1. Meng al die bestanddele, behalwe die olie, goed saam.
2. Braai lepels vol van die beslag in warm, diep olie tot goudbruin.
3. Dreineer op kombuispapier of in ‘n vergiettes.
4. Pak die poffers in ‘n glasbak.

Berei die stroop:
1. Kook al die bestanddele saam tot die suiker opgelos
2. Gooi oor die gaar poffers.
Gooi sowat 3 ml vlapoeier by die mielieblom om dit ‘n aangename smaak te gee…
Die pampoenpoffers vries baie goed.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer.

Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerhard ·

Vir ‘n skeppie pampoen sal ek die Drakensberge kaalvoet oorsteek, so dit gaan net ‘n kwessie van tyd wees voor ek hierdie resep beproef. Ek wonder nou net of mens ‘n botterskorsie kan gebruik… of moet dit “boerpampoen” wees. Altwee is ewe lekker – maar ek verkies eersgenoemde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.