Soorte resepte:

Resep: Peppadew-en-spinasie-pastaslaai

Peppadew-en-spenasie-pastaslaai (Foto: Lapa-uitgewers)

’n Geurige en kleurryke dis om jou week goed mee af te sluit!

Genoeg vir 6

Bestanddele

  • 500 g strikkie- of skroefnoedels
  • paar takkies vars basiliekruidblare
  • 300 g baba-spinasieblare
  • 6-8 Peppadews®, in skyfies gesny
  • 1 klein ui, in dun skyfies gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sap van 1 suurlemoen of lemmetjie
  • 2,5 ml Aromat of geurselsout
  • 5 ml suiker
  • 100 ml olyfolie
  • vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 100 ml gekrummelde fetakaas
  • swart olywe, heel of fyngekap

Metode

  1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
  2. Meng die basiliekruidblare, spinasie, Peppadews®, ui en pasta saam in ʼn groot slaaibak.

MAAK DIE SLAAISOUS:

  1. Meng die knoffel, suurlemoensap, geurselsout, suiker, olyfolie en peper saam. Giet dit oor die slaai en meng liggies deur.
  2. Strooi die fetakaas en olywe bo-oor. Verkoel en geniet.

Wenk

  1. Voeg fyngekapte biltong by die slaai vir ekstra lekkerte.

Bron: Marilyn kuier en kook!

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.