’n Geurige en kleurryke dis om jou week goed mee af te sluit!
Genoeg vir 6
Bestanddele
- 500 g strikkie- of skroefnoedels
- paar takkies vars basiliekruidblare
- 300 g baba-spinasieblare
- 6-8 Peppadews®, in skyfies gesny
- 1 klein ui, in dun skyfies gesny
- 3 knoffelhuisies, fyngedruk
- sap van 1 suurlemoen of lemmetjie
- 2,5 ml Aromat of geurselsout
- 5 ml suiker
- 100 ml olyfolie
- vars gemaalde swartpeper na smaak
- 100 ml gekrummelde fetakaas
- swart olywe, heel of fyngekap
Metode
- Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
- Meng die basiliekruidblare, spinasie, Peppadews®, ui en pasta saam in ʼn groot slaaibak.
MAAK DIE SLAAISOUS:
- Meng die knoffel, suurlemoensap, geurselsout, suiker, olyfolie en peper saam. Giet dit oor die slaai en meng liggies deur.
- Strooi die fetakaas en olywe bo-oor. Verkoel en geniet.
Wenk
- Voeg fyngekapte biltong by die slaai vir ekstra lekkerte.
Bron: Marilyn kuier en kook!
Uitgewers: Lapa