Soorte resepte:

Resep: Plaatkoekies à la keto

Plaatkoekies à la keto (Foto: Lapa-uitgewers)

“Ek wou aanvanklik keto-pannekoeke gemaak het, maar dis onmoontlik. Ek het probeer, ek belowe, maar daar is net ’n paar dinge in hierdie lewe wat nie moontlik is nie en keto-pannekoeke is een van daai goed. Kom ek fokus eerder op wat moontlik is: keto­plaatkoekies of flapjacks soos die Amerikaners dit noem. En soos die Amerikaners, kan jy gerus hierdie plaatkoekies saam met brosgebraaide spekvleis bedien of met geklopte room en bessies,” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.

Bestanddele

  • 2 k pampoen
  • 4 eiers
  • 2 e roomkaas
  • ¼ k volroommelk
  • 1 t vanieljegeursel
  • 1 t kaneel
  • ½ k amandelmeel
  • 1 e klappermeel
  • ½ k erythritol
  • 1 t xanthaangom
  • botter

Metode

  1. Stoom die pampoen tot baie sag. Jy kan dit letterlik vir 5 minute in ʼn bedekte bakkie met ’n bietjie water in die mikrogolfoond doen.
  2. Dreineer die water en gebruik ’n vurk om die pampoen fyn te druk.
  3. Klits die eiers, roomkaas, melk en vanieljegeursel in ’n mengbak.
  4. Voeg die pampoen en kaneel by en klits weer tot baie glad.
  5. Roer die amandel- en klappermeel asook die erythritol by.
  6. Laat vir 5 minute eenkant staan sodat die klappermeel die mengsel effe kan laat verdik. Voeg die xanthaangom by en gebruik ʼn handvoedselverwerker om die mengsel te blits. Die xanthaangom word nou geaktiveer en die mengsel word lekker dik.
  7. Smelt die botter in ’n warm braaipan. Skep 1 e van die mengsel per plaatkoekie in die pan. Sodra die onderkant mooi bruin gebraai het, draai die plaatkoekie om en laat ook aan die ander kant gaar word. Herhaal vir die hele beslag.
  8. Stapel ’n hoop koekies op mekaar en bedien met ’n klontjie botter.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Bykosse, Vegetariese geregte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lizzy ·

Is op banting en het hierdie pampoenkoekies gemaak. Het d resepteboek. Dis regtig nie lekker nie. Nie d tyd en moeite werd nie. Jammer!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.