Soorte resepte:

[Resep] Quiche met amandelsmeerkors en groente

Quiche

Quiche met amandelsmeerkors en groente. Foto: Glutenvrye gebak

Wenk: Maak ʼn opgehoopte koppie (150 g) heel amandels fyn in ʼn voedselverwerker om 375 ml amandelmeel te maak.

Porsies: 8 x 125 g

Aanbevole porsiegrootte: 125 g

Bestanddele:

Kors

  • 375 ml amandelmeel
  • 15 ml lynsaadpoeier
  • 1,25 ml sout
  • 45 ml olyf- of kanolaolie
  • 30 ml water

Vulsel

  • 500 ml fyngekapte preie
  • 5 ml fyngekapte vars knoffel
  • 750 ml gesnyde sampioene
  • 125 ml fyngesnyde rooi soetrissies
  • 500 ml fyngekapte spinasie
  • 1,25 ml sout
  • 2,5 ml brandrissievlokkies (opsioneel)
  • 4 eiers
  • 30 ml fyngesnyde songedroogde tamaties
  • 60 ml Bulgaarse laevetjogurt
  • 60 ml gerasperde laevetkaas

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ʼn tertbord of pasteibak met kleefwerende kossproei.
  2. KORS: Meng die korsbestanddele saam, vorm ʼn bal en druk die deeg dun uit op die tertbord. Bak 10 minute en plaas eenkant. Laat die oond aangeskakel.
  3. VULSEL: Terwyl die kors gaar word, braai die preie, knoffel, sampioene en soetrissies saam in ʼn bietjie olie of in ʼn kleefwerende pan. Laat sampioene verbruin sonder om te veel te roer.
  4. Skakel die stoofplaat af en vou die spinasie, sout en brandrissievlokkies in.
  5. Skep die groente in die kors.
  6. Klits die eiers, songedroogde tamaties en jogurt saam en skep oor die groente.
  7. Sprinkel die kaas bo-oor en bak 30 minute tot gaar.

Bron: Glutenvrye gebak
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marie ·

Hhmmmm, die resep kan lekker werk vir vegatariese dis. Sal moet prober

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.