Volgens Francois Ferreira is dié resep so gewild dat hy dit vir ʼn tweede keer in ʼn resepteboek laat publiseer.
Lewer 4-6 porsies
Bestanddele:
- 250 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 250 ml gaar rys
- 250 ml romerige suikermielies
- 1 geklitste eier
- 45 ml melk
- olie vir vlakbraai
Metode:
- Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Roer die rys, suikermielies en eier deur, en meng goed. Voeg die melk by en roer deur.
- Verhit die olie in ʼn pan en skep eetlepels vol van die beslag in die olie. Braai aan weerskante tot goudbruin. Skep met ʼn gaatjieslepel uit en dreineer op kombuispapier. Skep ʼn bolaag van jou keuse bo-op en sit voor.
Bron: Koskas Kos deur Francois Ferreira
Uitgewer: Lapa
Hierdie koekies is soooo yummy en baie vullend, ek maak dit gereeld, sommer dubbeld en dan is daar genoeg om heeldag aan te peusel!!!!!
Oe-hoe! Baie dankie hiervoor! Dit is heerlik…sal dit gevries kan word?
Sal sekerlik baie lekker smaak……hoe lyk dit met ‘n paar resepte vir ‘n lekker bolaag?
Wat sal die bolaag wees?