Soorte resepte:

[Resep] Skotse eiers

Skotse eiers. Foto: Lekker & vinnig: Kosblikkos

Skotse eiers. Foto: Lekker & vinnig: Kosblikkos

Hierdie resep bied ʼn geurige alternatief vir die tradisionele (en dalk nou al vervelige) gekookte eier.

(Uit: Vrouekeur 3 deur Marlo Carstens)

Lewer 8 porsies

Bestanddele:

  • 600 g varkworsies, vel verwyder
  • 187 ml vars broodkrummels
  • 15 ml tamatiesous
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 8 hardgekookte eiers
  • 125 ml koekmeel
  • 1 ekstragroot eier, geklits
  • 375 ml gekoopte droë krummels
  • 750 ml olie

Metode:

  1. Meng die vleis, broodkrummels, tamatiesous, sout en peper.
  2. Verdeel die vleismengsel in agt dele en vorm rondom elke eier.
  3. Plaas die meel, geklitste eier en broodkrummels in aparte vlak bakkies en rol eiers om die beurt daarin.
  4. Verhit genoeg olie en braai eiers tot goudbruin.
  5. Skep die eiers uit en plaas op waspapier om die ekstra olie te absorbeer.

Bron: Lekker & vinnig: Kosblikkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theuns ·

Skotse eiers? Regtig? Dan het julle nog nie Boere eiers gesien nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.