Soorte resepte:

Resep: Smeerkaas

Maroela Media-leser Petra Bekker het gesê sy het dié resep begin maak omdat niemand in haar gesin van botter op hul brood hou nie, hoewel almal wel gek is na smeerkaas op ʼn broodjie.

“As gesin van vier moes ek maar my eie kaassmeer maak. En vandag nog eet almal ‘Ma se kaassmeer’.”

Bestanddele

  • 250 g Blossom-margarien
  • 500 g geprosesseerde kaas (gerasper)

Metode

  1. Mikrogolf die margarien en kaas saam en roer aanhoudend.
  2. As alles gesmelt het, plaas in voedselverwerker vir minstens drie minute.
  3. Hou in verseëlde flesse in yskas.

Wenk: Fyn biltong kan bygevoeg word.

Stuur vir ons jou familieresep hier!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anton ·

Vreemd, julle verkies hierdie chemiese konkoksie bo natuurlikke gesonde botter op brood? Seker nog witbrood ook.

Katerina ·

Ek wil ook weet of mens botter kan gebruik in plaas van margarien. Ons sit nie ons monde aan margarien nie. Proseskaas is nou nie so gesond soos gewone kaas nie maar dis sagter op my maagseer. Dit werk sekerlik goedkoper uit om mens se eie kaas smeer te maak veral met n 12 jarige seun in die huis. Maar ek sou botter wou gebruik.

Susan ·

Yuk margarien?? Klink vir my soos hartsiektes. Egte botter is lekker maar daar weereens is di TE weer in. Weet darem nou ni of ekdit sal eet ni. Ek pas op vir geprosesseerde vleise kos ens. Eet dit maar baie min. As daai kinders nou groot is wonder of daar nou ni n cholestrol probleem gaan wees ni. Vra maar net eet self baie min margarien dan net Flora di groen bakkie

Sarel ·

Ai tog Botter of Margarine????? Niemand noem die prysverskil nie. Beste maak eers self jou eie Botter, daarna maak jy jou eie kaas. Resep kan gegoogle word. Dan maak jy jou ie smeerkaas en wala. Probleem van Botter of Margarine en ander geproseseerde produkte opgelos. Dan kan die res van ons voortgaan en die resep uit toets. hoe’s daai?

cathy ·

Hi Almal klink heerlik maar ek sal die margarine met botter vervang. Ek wonder of mense gewone kaas kan rasper (die cheap processed enes). Ek gaan maar probeer lol gaan julle op hoogte hou :) Ek gaan die botter na 200ml verander en die 50ml eerder by die kaas sit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.