Soorte resepte:

Resep: Soet-suur slaaisous

Maroela Media-leser Nicola Kruyshaar se pa het hierdie resep vir haar geleer toe hy nog geleef het. “Ek het altyd seker gemaak dat ek ʼn botteltjie gereed het as hulle kom kuier. Dit is altyd ’n wenner en is ook heerlik saam met gebraaide hoender. Ons noem dit sommer Oupa Nick se slaaisous,” vertel sy.

Bestanddele

  • 1 k wit asyn
  • 1 k bruinsuiker
  • 1 t (opgehoop) warm Engelse mosterd (reeds aangemaak)
  • 1 eier

Metode

  1. Klits al die bestanddele saam en gooi in ʼn pot.
  2. Kook stadig oor lae hitte terwyl jy dit gereeld roer. Die sous is reg sodra die eier gaar is.
  3. Koel dit af en bêre in die yskas.
  4. Sit koud voor saam met slaai of hoender. Die sous het ’n redelike lang yskasleeftyd.

Jy kan nou jóú resepte hier op Maroela Media met al die lesers kom deel – ons is mos eintlik een groot familie. Vertel ons bietjie waar die resep vandaan kom of hoe lank die resep al in julle familie is en laai gerus sommer ook ʼn foto by waar julle óf self aan die souskluitjies of sopbene smul, óf ʼn foto van die persoon wat oorspronklik die resep uitgedink het, óf ʼn foto van die gereg self.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.