Soorte resepte:

[Resep] Spek-en-aartappelsosaties

Spek en aartappelsosaties. Foto: Uitpakkos deur Lapa Uitgewers

Spek en aartappelsosaties. Foto: Uitpakkos deur Lapa Uitgewers

Die sosaties is ʼn lekker kombinasie saam met ander kos, vir ʼn ligte ete of selfs as piekniekkos.

Bestanddele:

  • Sosatiestokkies (van hout)
  • Jong- of baba-aartappels
  • Aangemaakte mosterd of basiliepesto
  • Maer spekvleis
  • Klein bruin sampioene, elk ± 5 cm in deursnee
  • Olyf- of avokado-olie

2 porsies

  • 2 sosatiestokkies
  • 4 (± 225 g) jongaartappels
  • ’n bietjie aangemaakte mosterd of basiliepesto
  • 4 repe (± 125 g) maer spekvleis
  • 4 (± 100 g) klein, bruin sampioene
  • 10 ml olyf- of avokado-olie

4 porsies

  • 4 sosatiestokkies
  • 8 (450 g) jongaartappels
  • ’n bietjie aangemaakte mosterd of basiliepesto
  • 8 repe (± 250 g) maer spekvleis
  • 8 (± 200 g) klein, bruin sampioene
  • 20 ml olyf- of avokado-olie

Metode:

  1. Week die sosatiestokkies in water.
  2. Voorverhit die oond tot 200˚C of kry die braaivleiskole gereed.
  3. Kook die aartappels met skil in soutwater tot gaar.
  4. Smeer aangemaakte mosterd of pesto op elke reep spekvleis.
  5. Plaas ’n jongaartappel op elke spekvleisreep en rol dit op. Ryg die aartappels en sampioene afwisselend op die sosatiestokkies.
  6. Verf die sosaties met olie en plaas dit op ’n bakplaat (vir oondrooster) of braairooster (braaivleiskole).
  7. Rooster dit 10 minute lank of totdat die spekvleis gaar is. Draai die sosaties een keer om en verf met olie indien nodig.

Wenk

Maak meer sosaties indien daar ’n bietjie van alles in die verpakking oorbly. Die sosaties behoort binne 24 uur geëet te word. Indien dit nie ná voorbereiding warm geëet word nie, moet dit verkoel gehou word. Bevriesing word nie aanbeveel nie.

Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan
Uitgewer: Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.