Lewer agt porsies
Dié resep is een van die maklikste en lekkerste quiche-resepte nóg!
Bestanddele:
Tertdop
- 400 ml koekmeel (1½ koppie)
- 125 g ongesoute yskoue botter
- 1 eiergeel
- 30 ml yswater
Vulsel
- 500 ml gekapte spinasie
- 125 ml platblaarpietersieIie, fyngekap
- 2 sprietuie, fyngekap
- 100 g fetakaas
- 5-6 eiers
- 125 ml melk (of room as jy dekadent voel)
- sout en peper
Metode:
Tertdop
- Voorverhit die oond tot 180 ˚C en smeer ʼn losboomtertpan.
- Plaas die meel en botter in ’n voedselverwerker en pols tot die mengsel soos broodkrummels Iyk. Voeg die eiergeel en yswater by en verwerk tot die deeg in ’n bal vorm.
- Druk in ‘n skyf, bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 30 minute.
- Rol die deeg ongeveer 5 mm dik uit tussen 2 velle bakpapier, voer die tertpan daarmee uit en prik die boom met ’n vurk. Verkoel weer vir 30 minute.
- Bak die kors blind vir 15-20 minute.
Vulsel
- Versprei die spinasie, pietersielie en ui in die tertdop en krummel die kaas bo-oor.
- Klits die eiers, melk en sout (oppas vir te veel as die kaas baie sout is) en peper saam in ’n mengbak en giet versigtig oor die spinasie en kaas.
- Bak vir 20 – 30 minute tot goudbruin en sit voor.
Bron: Corli se Kombuis
Uitgewer: Human & Rousseau
Seker fout? Oond kan nie aan gesit word as deeg uur in yskas in total moet wees nie?
resepte baie eenvoudig, ek kan myself deesdae n kok noem