Onthou jy nog hoe jy as kind stokbrood oor die vuur gebraai het? Jy is nog nie te oud daarvoor nie, probeer dié resep!
Bestanddele
DEEG
- 2 k (500 g) witbroodmeel
- 2 e (30 ml) dukkah
- 1 x (10 g) pakkie kitsgis
- 1 t (5 ml) suiker
- 1 t (5 ml) sout
- 3 e (45 ml) Clover Springbok-botter
- 1 e (15 ml) harissa
- ongeveer 1¼-1½ k (310-375 ml) warm water
BOLAAG
- ½ k (125 ml) gesmelte Springbok-botter
- 3 e (45 ml) heuning
- 3 e (45 ml) dukkah
Metode
- Plaas die meel, dukkah, gis, suiker, sout, botter en harissa-smeer in die bak van ʼn elektriese menger met ʼn Meng teen ʼn lae spoed om die botter en die harissa in die droë bestanddele in te vou.
- Voeg geleidelik net genoeg water by om die mengsel te laat bind en ʼn sagte deeg te vorm.
- Knie met die deeghaak vir 5-7 minute tot glad.
- Plaas oor na ʼn lig gesmeerde mengbak en bedek met kleefplastiek. Sit eenkant op ʼn warm plek om te rys vir 45-60 minute.
- Knie die deeg af en verdeel in 12-14 balletjies. Rol elke balletjie in ʼn worsvorm uit, maar hou die res van die deeg bedek.
- Draai elke uitgerolde stukkie deeg om ʼn lang stokkie of metaal-sosatiestokkie. Laat op ʼn gesmeerde bakplaat rys en braai dan op ʼn rooster direk oor warm kole. Wanneer gaar, verf elke stokbroodjie met gesmelte botter, bedruip met heuning en strooi dukkah bo-oor. Dien dadelik op.
Bron: Gunsteling Braairesepte
Uitgewer: Lapa
Kan u my se wat dukkah is en waar dit ver krygbaar is? Dankie.
Ek wil ook weet wat dukkah is asb
Is harissa nie nog steeds teen die wet nie of mag mens nou daarmee koekies en broodjies bak?
Dukkah is ‘n mengsel van kruie, neute en speserye. Dit word tipies gebruik as ‘n dip met brood of vars groente. Harissa is ‘n brandrissie-sous of puree wat gemaak word van verpulpte brandrissie, paprika en olyfolie. Hoop hierdie help!
Ek dink nie jy weet wat harissa is nie. Hoe kan ‘n kombinasie van olyfolie, rissies, knoffel en speserye teen die wet wees??
Gaan google wat dukkah en harissa is….
Dankie Hettie
Kry dukkah en harissa gewoonlik by Woolies