Soorte resepte:

Resep: Stokbrood met dukkah-kruiebotter

Stokbrood met dukkah-kruiebotter (Foto: Lapa-uitgewers)

Onthou jy nog hoe jy as kind stokbrood oor die vuur gebraai het? Jy is nog nie te oud daarvoor nie, probeer dié resep!

Bestanddele

DEEG

  • 2 k (500 g) witbroodmeel
  • 2 e (30 ml) dukkah
  • 1 x (10 g) pakkie kitsgis
  • 1 t (5 ml) suiker
  • 1 t (5 ml) sout
  • 3 e (45 ml) Clover Springbok-botter
  • 1 e (15 ml) harissa
  • ongeveer 1¼-1½ k (310-375 ml) warm water

BOLAAG

  • ½ k (125 ml) gesmelte Springbok-botter
  • 3 e (45 ml) heuning
  • 3 e (45 ml) dukkah

Metode

  1. Plaas die meel, dukkah, gis, suiker, sout, botter en harissa-smeer in die bak van ʼn elektriese menger met ʼn Meng teen ʼn lae spoed om die botter en die harissa in die droë bestanddele in te vou.
  2. Voeg geleidelik net genoeg water by om die mengsel te laat bind en ʼn sagte deeg te vorm.
  3. Knie met die deeghaak vir 5-7 minute tot glad.
  4. Plaas oor na ʼn lig gesmeerde mengbak en bedek met kleefplastiek. Sit eenkant op ʼn warm plek om te rys vir 45-60 minute.
  5. Knie die deeg af en verdeel in 12-14 balletjies. Rol elke balletjie in ʼn worsvorm uit, maar hou die res van die deeg bedek.
  6. Draai elke uitgerolde stukkie deeg om ʼn lang stokkie of metaal-sosatiestokkie. Laat op ʼn gesmeerde bakplaat rys en braai dan op ʼn rooster direk oor warm kole. Wanneer gaar, verf elke stokbroodjie met gesmelte botter, bedruip met heuning en strooi dukkah bo-oor. Dien dadelik op.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kalla ·

Kan u my se wat dukkah is en waar dit ver krygbaar is? Dankie.

bakkery ·

Is harissa nie nog steeds teen die wet nie of mag mens nou daarmee koekies en broodjies bak?

Nettie ·

Dukkah is ‘n mengsel van kruie, neute en speserye. Dit word tipies gebruik as ‘n dip met brood of vars groente. Harissa is ‘n brandrissie-sous of puree wat gemaak word van verpulpte brandrissie, paprika en olyfolie. Hoop hierdie help!

teen die wet ·

Ek dink nie jy weet wat harissa is nie. Hoe kan ‘n kombinasie van olyfolie, rissies, knoffel en speserye teen die wet wees??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.