Bestanddele:
• 500 ml rys
• 1 pak (250 g) spekvleis, fyngekap
• 2 uie, fyngekap
• 1 groen, geel of rooi soetrissie, fyngekap
• 1 houer (250 g) sampioene, fyngekap
• 2 tamaties, fyngekap
• sonneblomolie vir braai
Metode:
1. Kook die rys gewoonweg tot gaar.
2. Braai die spekvleis tot gaar.
3. Braai die uie, soetrissie, sampioene en tamaties in
4. die olie tot gaar.
5. Meng die rys, spekvleis en sampioenmengsel.
Bron:
Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer. Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.