Soorte resepte:

Resep: Swartolyftapenade

tapenade

Swartolyftapenade. (Foto: Bottel & Gebruik/Lapa Uitgewers)

Hierdie ryk smeer is heerlik op bruschetta of op ʼn toebroodjie saam met ander vulselbestanddele. Dit kan ook as ʼn doopsous gebruik word of by ʼn doopsous vir ekstra smaak ingeroer word. Vir ʼn growwer tekstuur kan die bestanddele met die hand gekap word.

Lewer ± 500 g

Bestanddele:

  • 350 g swart olywe, gedreineer en ontpit
  • 1-2 knoffelhuisies, geskil
  • 50 ml kappertjiesaad, afgespoel
  • 3 Ansjovisfilette, of na smaak
  • 10 ml vars tiemie, gekap
  • 10 ml vars basiliekruid, gekap
  • suurlemoensap na smaak
  • 10 ml Dijon-mosterd
  • 150 ml olyfolie

Metode:

  1. Verwerk al die bestanddele, behalwe die olie, in ʼn voedselverwerker tot glad.
  2. Voeg die olie in ʼn dun straaltjie by terwyl die verwerker aan is.
  3. Skep die tapenade in gesteriliseerde flesse en verseël.

Variasies:

Groenolyftapenade

Volg die resep vir swartolyftapenade, maar gebruik: 500 g ontpitte groen olywe; 20 ml kappertjiesaad, afgespoel; 2 geskilde knoffelhuisies; 2 ml gemaalde komynsaad; 2 ml gemaalde koljander; 20 ml suurlemoensap en 150 ml olyfolie. Hierdie is ʼn tipies Italiaanse smeer. Eet dit op Italiaanse of Franse brood.

Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.