Dié tamatieslaai is kraakvars en blitsvinnig om te maak!
6 porsies
Bestanddele
- 500 g ryp, ferm tamaties
- 3 e ( 45 ml) olyfolie
- 1 e (15 ml) druiweasyn
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 1 knoffelhuisie, gekap ( opsioneel)
- 1 t (5 ml) droë basiliekruid
- 1 klein ui of 3 sprietuie, fyngekap
Metode
- Sny die tamaties in skywe en hou eenkant.
- Meng die olie, asyn, sout, peper, knoffel en basilie in ʼn slaaibak. Klits die sous deeglik sodat dit goed meng.
- Voeg die tamatieskyfies en ui of sprietuie by die sous. Meng alles liggies deur en verkoel tot benodig.
Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch
Uitgewers: Lapa
Ek wil soek werk met meginiese passiers en election study word. Ek het werk met megniese passiese en ketelmerk. Dink ek wil studies AD/CD Motors word. Of SA Clover megniese passiers werk dagwerk of nagmarrie. Alle werk doen. On
Ek het nerens in die resep gelees van brandewyn en tequila nie, Paul?
Koos 1 jy het nou net my blou maandag gemaak met n lekker lag
Sterkte Paul met die werk soek
Ek het regtig nie gedink ek sal ooit in my lewe ‘n resep sien vir tamatieslaai nie.
Jy sny tamaties en gooi sout en peper oor…
Ja Gerda, my eerste gedagte ook. Ek dag dit is soos asem haal, dit kom sommer so spontaan en almal weet hoe. Paul, ek weet nie met die Griekse geskryf of jy werk soek nie, maar ek hoop regtig as dit n hulpgeroep is dat die Here iemand sal stuur wat vir jou n deur sal oopmaak en vir jou n geleentheid gee.