Soorte resepte:

Resep: Thaise roerbraai

Thaise roerbraai (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike vegetariese gereg of bykos.

4-6 porsies

Bestanddele

  • 1 e olyfolie
  • 300 g blomkool
  • 125 g langsteelbroccoli
  • 100 g babamielies
  • 80 g peulertjies
  • 100 g wortel, in repies gesny
  • 1 klein rooi, geel en oranje soetrissie, in blokkies gesny (voeg die soetrissies se pitte ook by)
  • sous

SOUS

  • 2 t gesnipperde sitroengras
  • 1 t gerasperde vars gemmer
  • 2 t rooi kerriepasta
  • 2 e olyfolie
  • 100 ml onversoete amandelmelk
  • 2 t woestyn- of pienk sout
  • 2 e rou heuning

OPDIENING

  • hand vol vars koljander, gekap
  • basmatirys of Sjinese noedels

Metode

  1. Verhit die olie in ’n groot pan of wok en roerbraai die groente.
  2. Meng die sous en gooi dit oor die groente sodra dit so gaar is soos verkies.
  3. Laat prut vir 5 minute en roer die koljanderblare deur. Sit voor met basmatirys of Sjinese noedels.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Izelle Hoffman en Karlien van Jaarsveld

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.