Karlien van Jaarsveld deel hierdie resep in die boek Sterkos, wat deur Lapa uitgegee is.
Bestanddele:
- 170 g tuna, gedreineer
- 1 middelslag-ui, gerasper
- 50 ml blatjang
- 50 ml mayonnaise
- 2 eiers, geklits
- 100 ml volroommelk
- 125 g kaas-en-uie-skyfies, fyngedruk
- 187 ml cheddarkaas, gerasper
Metode:
- Meng alle bestanddele in mengbak.
- Spuit mikrogolfvaste tertbord van 20 cm met kossproei.
- Giet tunamengsel in tertbord en mikrogolf vir 12 tot 15 minute op hoog. Die middel moet net gestol wees.
Wenk:
Die tyd sal deur die sterkte (watt) van jou mikrogolfoond bepaal word.