Soorte resepte:

[Resep] Tuna-en-tjips-tert

Foto: Lapa

Karlien van Jaarsveld deel hierdie resep in die boek Sterkos, wat deur Lapa uitgegee is.

Bestanddele:

  • 170 g tuna, gedreineer
  • 1 middelslag-ui, gerasper
  • 50 ml blatjang
  • 50 ml mayonnaise
  • 2 eiers, geklits
  • 100 ml volroommelk
  • 125 g kaas-en-uie-skyfies, fyngedruk
  • 187 ml cheddarkaas, gerasper

Metode:

  1. Meng alle bestanddele in mengbak.
  2. Spuit mikrogolfvaste tertbord van 20 cm met kossproei.
  3. Giet tunamengsel in tertbord en mikrogolf vir 12 tot 15 minute op hoog. Die middel moet net gestol wees.

Wenk:

Die tyd sal deur die sterkte (watt) van jou mikrogolfoond bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.